MJ Bezuidenhout
‘n Dag In Stockholm
Ek het besluit om hierdie jaar meer naweke weg te gaan, en toe my sussie
vir besigheid in Swede was, was dit ‘n uitstekende verskoning om die
besluit deur te voer. Ek het 2 aande in die hostel geslaap en Gerda het
vroeg die oggend geland en is met die laaste trein na haar projek in
Västerås toe.
hostel
Ek het bespreek by die Generator Hostel met Hostelworld. Die Hostelworld
app laat besoekers toe om te gesels, so ek is op die trein al genooi vir
‘n bier saam met ‘n groep Britte. Dit was my eerste keer in ‘n hostel,
en ek was regtig beïndruk. Die kamers is skoon, en baie oulik ingerig.
paradoksmuseum
Ons eerste bestemming was die paradoksmuseum. Die uitstallings is
verskillende optiese illusies, of stelle wat met perspektief speel om
interessante foto’s te maak.
elektriese Scooters
Ons wou aanvanklik fietse huur by Stockholm Ebikes, maar hulle het die
diens gestop om een of ander rede, so toe gebruik ons die elektriese
Scooters van Tier. Dit is pret, goedkoop genoeg en baie gerieflik.
Hollanders is te heilig oor fietse en fietspaaie vir die scooters, so ek ken dit glad nie.
Kan dit definitief aanbeveel.
skansen opelugmuseum
Ek was mal oor Nederland se opelugmuseum, so was baie opgewonde om Swede
s’n te sien. Dis ‘n klomp lewendige uitstallings van verskillende
industrieë en boerderye in die land se geskiedenis.
vasamuseum
Die Vasamuseeum word deur absoluut almal aanbeveel, en dit is beslis
indrukwekkend. Ek dink dis die trotsste wat mense nog ooit was op ‘n
skip wat op dag een gesink het.
hop on hop off
Die openbare vervoer na ons laaste bestemming toe was ‘n veerboot, en
toe die volgende veerboot ‘n ‘hop on hop off’ tipe boot is, toe besluit
ons om op te klim en sommer die hele rondleiding te doen voor ons
afklim. Kan dit beslis aanbeveel. Stockholm se uitleg maak dat jy die
stad in sekere opsigte die mooiste sien van die water af.
fotografiska, restaurant
Die laaste museum was beslis op die as-daar-miskien-tyd-is lysie, maar
dit was tog die moeite werd, al is dit net vir toegang tot die
restaurant. Ek is dalk nie gekultiveer genoeg om die gevorderde
uitstallings te waardeer nie, maar die pizza, renidier en wyn in die
museum se restaurant is beslis aan te beveel. Hierdie is ook die enigste
museum wat nie baie naby is aan al die ander nie, so dit was cool om ‘n
effens ander deel van die stad as die toerisme-sentrum te besoek.
die elektriese Scooters neem wraak
Omdat my weird fotografie-museum vêr van alles af was, en omdat dit
begin het om laat te word, het ons belsuit om vir oulaas met die
elektriese scooters te ry om betyds te wees vir Gerda se trein. Die
scooter-huur en google maps gebeur op my foon, omdat ek in Swede sein
het, so ek ry voor en kyk elke nou en dan om na sus wie volg. So ‘n
kilometer voor die stasie was daar ‘n bult wat my effens bekommer het.
Toe ek baie verlig bo uitkom en omkyk is Gerda weg. Toe ek weer ‘n ent
afry sien ek sy is besig om haar scooter teen die bult op te stoot. Sy
was gelukkig te uitasem om veel om my te skree, maar ek sal tog in die
vervolg versigtiger ry as iemand my volg met ‘n gehuurde voertuig. Ons
kon darem vinnig daaroor lag…
Valse Vriend Opgewonde
In Nederlands kom ‘n mens van tyd tot tyd op ‘n woord af wat lyk soos ‘n
Afrikaanse woord, maar ‘n betekenis het wat soms tot vulgêre of komiese
gevolge kan lei. Ons almal weet dat meeste van die heel lelikste woorde
in Afrikaans redelik algemeen en aanvaarbaar is in Nederlandse
geselskap, maar die eintlike edelstene is woorde waarvan die betekenis
baie subtiel verskil, of selfs net ander konnotasies het. Ek kan nie
onthou wie nie, maar ‘n ander immigrant blogger op wie ek ‘n ruk terug
afgekom het, noem hierdie woorde “Valse Vriende”.
Ek begin in April met ‘n nuwe projek by die werk, en het vandag in ‘n
algemene weeklikse vergadering een van my base laat weet dat ek nogal
opgewonde is oor die nuwe projek. Die eerste leidraad was dat elke
Nederlander dadelik uitgebars het van die lag. Die voorsitter bevestig
toe dat ek ‘n fout gemaak het: “wij zeggen niet opgewonde, wij zeggen
ik ben enthousiast”.
Toe ek die woordeboek raadpleeg, sien ek dat die woord opgewonde
basies dieselfde betekenis het, maar dat die konnotasie suiwer…
vleeslik is. In die Dikke van Dalen:
So dit wil voorkom dat ek die voorsitter laat weet het dat ek baie, baie
opgewonde is oor die projek.
NS Hierdie is die eerste plasing in ‘n kategorie Valse Vriende,
hopelik is daar uiteindelik ‘n lysie van snaakse en interessante woorde
bymekaar.
Handige Apps
Van my vriende het gister hier geland, en in plaas daarvan om ‘n baie
lang whatsapp te tik, het ek besluit om hierdie lys van apps wat ek
gebruik hier te sit. Los asseblief ‘n comment as ek iets kan bysit of
regstel.
Marktplaats
Die grootste koop-en-verkoop platvorm van Nederland. Vergelykbaar met
gumtree of Facebook Marketplace. Maar baie groter en meer aktief.
9292
As ek een openbare vervoer-app moet aanbeveel, sal dit 9292 wees. Jy gee
vir hom twee adresse en hy werk die vinnigste en goedkoopste roetes uit
per bus, trein, tram, of kombinasie van hulle almal.
Buienradar
Meeste van die nederlanders beveel buienradar aan vir weer, en ek het
nog nie nodig gehad om ‘n ander app te probeer nie, so dalk is almal so
akkuraat. Die groot voordeel van buienradar is dar sy koppelvlak gemaak
is om te sê wanneer dit gaan reën, en nie net wat die kans is dat dit
iewers in ‘n dag gaan reën nie.  Ek het in Suid-Afrika planne
gekanselleer omdat daar ‘n 60% kans is vir reën op ‘n gegewe dag. Hier
stel ek planne met ‘n halfuur uit, want dit gaan tussen 11 en half 12 ‘n
bietjie hard reen.
NS.nl
Alhoewel 9292 die beste is vir inligting oor kombinasies van vevoer, is
die NS se app die beste vir inligting oor NS treine.
Vinted
Daar is baie goeie tweedehandse klerewinkels in die groot stede(Episode
en KiloKilo is my gunstelinge). Maar vir prys en verskeidenheid kan ‘n
fisiese winkel nie kompeteer met die hele Europa se klerekaste nie. Kyk
net na die verkoper se geskiedenis, maar selfs as hulle nie iets stuur
nie, betaal Vinted ‘n mens in my ervaring terug.
Zalando
Vir nuwe klere is Zalando se prys en verskeidenheid goed. Ek verkies wel
om maar in ‘n winkel te gaan aanpas, en ek vind ek kom goedkoper weg by
Primark en Decathlon as ek dringend iets spesifiek nodig het.
bol.com
bol.com is baie soos Nederland se Takealot. Hulle pryse is oor die
algemeen goed, en hulle lewer oor die algemeen vinnig af. Die pakkies
word gewoonlik nie met tracking nommers gestuur nie, wat ‘n bietjie
scary is as dit duur is, maar ek het nog nie iets in die pos verloor in
Nederland nie.
parky
‘n app met ‘n kaart van al die parkeerzones. Parkering is hier nogal
duur en ingewikkeld, so dis handig om te beplan waar ‘n mens gaan
parkeer. Nie die wonderlikste app nie, maar hy doen presies wat hy moet,
en niks anders nie.
flitsmeister
‘n App wat jou laat weet waar flitsers (speed traps) is as jy ry. Die
Hollanders reken dis betroubaar, maar die boetes hier is duur, so ek hou
in elkgeval by die limiete.
suntimes
‘n App wat op enige gegewe datum en plek die sonsopkoms-en-ondergang
ken. Ek gebruik dit as ek foto’s neem, maart omdat die tye so baie
verskil in Nederland is dit oor die algemeen handig, as ‘n mens iets ‘n
paar maande vooruit beplan
NPO start
Nederland se openbare uitsender se app, werk min of meer soos Netflix,
en daar is baie gratis Nederlandse programme om te kyk.
Flink/Gorillas/watookal
Meeste van die stede het flitsbesorgers vir basiese goed soos brood en
melk. Dis duur, maar is baiekeer handig en tot laat in die aand
beskikbaar. Flink was ‘n lewensredder toe ek my been gebreek het.
Thuisbesorgd
‘n App waarop ‘n mens kos bestel, soos Uber Eats. Soms het die
restaurante op Thuisbesorgd hulle eie website waarop dit ‘n euro of twee
goedkoper is om te bestel, maar gereed kos is maar duur hier.
Online Bibliotheek
Nederland se biblioteke het ‘n uitstekende digitale diens. Dit kos so
EUR50 ‘n jaar, maar ek kan dit beslis aanbeveel. Daar is ‘n baie groot
verskeidenheid e-boeke en luisterboeke.
Aurora store
Sommige apps (en baie van die op die lys, wat spesifiek vir Nederland
gemaak is) vereis dat ‘n mens se google rekening in Nederland
geregistreer is. Partykeer is dit moeilik vir watter rede ook al, en dan
kan ‘n mens die apps deur die Aurora store aflaai.
Too good to go
Die absolute teenoorgestelde van Flink. ‘n Mens bestel ‘n verrassing-sak
inkopies wat vandag verval en gaan haal dit by die supermark of bakkery
of watookal net voor hy toemaak. Dit is baie, baie goedkoop, en ek was
nog bitter min teleurgesteld. Die uitdaging is om winkels te kry wie se
bokse nog nie uitverkoop is nie.
Google pay
Dalk het meeste mense dit in Suid-Afrika al gehad, maar ek kon hier my
selfoon opstel om by kaartmasjiene te betaal. Nogal handig in sommige
gevalle.
Ín Die Stad
Ek het nog al my lewe daarvan gehou dat ek nie van die stad hou nie. Dis
lelik en eensaam en onpersoonlik. Ek koester nog altyd hierdie idee dat
stede plekke is waar mense bymekaarkom om te werk. Om naby aan ‘n stad
te woon is ‘n noodsaaklike opoffering.
Daarom het ek ‘n bietjie opgesien daarna om in die sentrum van
Amersfoort te kom woon. En nie naby aan Amersfoort nie, ín Amersfoort.
Ek sien die kerktoring as ek by my kombuisvenster uitkyk. Ek stap 400
meter kerk toe, 150 meter gym toe, en betaal te veel aan huur om veel
anders te doen.
Maar in hierdie klein, dig bevolkte stukkie mensdom word ek herinner aan
van my gunsteling avonture. Om pannekoek te verkoop in Boksburg-Noord,
om langs die pad sigarette te koop in Sunnyside na skool, om te verdwaal
in Sandton tussen die treinstasie en my boetie se kantoor, om te kyk hoe
die son opkom in Harlem, New York.
Stede is onpersoonlik en eensaam en lelik, maar hulle is lewendig op ‘n
unieke manier. Iets soos ‘n miershoop of byekorf. As jy ‘n baie klein
bietjie uitzoom sien jy ‘n persoonlikheid, ‘n gemeenskap, en ‘n baie
treffende tipe mooi.
Toe ek gister by die kerk uitstap en ‘n plakkaat sien vir ‘n optog oor
iets Nederlands, besef ek dat ek my doc Martens en my kamera kan vat en
vir ‘n middag gaan fotojoernalis speel. Die demonstrasie was 600 meter
van my huis af.
Vir die rekord is ek in geen posisie om ‘n uitspraak te lewer oor die
politiek van die saak nie, en ek het buitendien geen behoefte om dit
hier te doen nie. Daar is ‘n aanhaling van Max Brooks wat hier nogal
mooi met my resoneer:
” I have attempted to reserve judgment, or commentary of any kind, and
if there is a human factor that should be removed, let it be my own.”
Al punt wat ek wil maak is dat stede plekke is waar mense bymekaarkom,
nie net om te werk nie, maar om alles anders ook saam te doen. Kuns,
politiek, die verander van die wêreld. Dat soort dingen.
Ek dink nogsteeds nie ek sal sommer in ‘n stad vestig nie, en nog minder
in een wat veel groter is as Amersfoort. Maar as daar ‘n geleentheid kom
om vir ‘n jaar of twee in een te gaan woon, kan ek dit beslis aanbeveel.
Gesellig
Elke boek, blog en Youtube kanaal oor Nederlandse norme en kultuur vat
‘n hoofstuk, of plasing, of video of twee, en poog om die woord
gesellig te definieer. Daar is nie ‘n mooi Engelse vertaling vir die
woord nie, en ek het al hierdie afdelings oorgeslaan omdat ek ‘n taal
praat wat ‘n perfekte vertaling vir die Nederlandse woord gesellig
het, gesellig!
Ek het egter gisteraand besef dat ek dalk ‘n fout gemaak het. Om te
verstaan wat die woord gesellig beteken, is nie dieselfde as om te
verstaan watter rol gesellig in Nederlandse kultuur speel nie.
Ek bly vir ‘n maand in Culemborg, ‘n redelike klein dorpie buite
Utrecht, terwyl ek kyk wat die logistiek om my werk behels, voor ek meer
permanente blyplek soek. Op my eerste Vrydagaand in die dorpie het ek
besluit om ‘n paar foto’s in die sentrum te gaan neem, maar dit was
ongemaklik koud buite, so toe besluit ek om êrens binne foto’s te gaan
neem. ‘n Stillerige kroeg (dit was nog nie agtuur nie) het soos ‘n goeie
kandidaat gelyk.Na ek amper ‘n €7.30 bier in Amsterdam bestel het, het
€2.50 soos die winskopie van die eeu gevoel.
Die res van hierdie aand was effens… Effens onduidelik. Een van my
pelle by die huis was gelukkig die gelukkige wenner van ‘n rits
stemboodskappe wat ek vanoggend kon terugluister om die stukkies van
hierdie vae, gesellige legkaart van ‘n herhinnering hier vas te lê.
Culemborg het twee kroegies, die Heineken kroeg, waar almal Heineken
drink, en die Grolsch kroeg, waar almal Heineken uit botteltjies uit
drink. Hulle is oorkant mekaar in die hoofstraat, so toe ek my Grolsch
gedrink het en my gebroke Nederlands op al drie mense in die kroeg
geoefen het, besluit ek om ‘n Heineken oorkant die pad te gaan drink.
Die Heineken kroegie was voller, en dit was vir my ‘n bietjie snaaks,
maar die hele kroeg was een langwerpige gesprek. Om by die kroegtoonbank
te gaan sit het so ‘n bietjie gevoel soos om by vreemde mense se tafel
in ‘n restaurant te gaan sit. Daar was redelike duidelike sosiale druk
om myself voor te stel. Dit was glad nie afsydig of aggressief of iets
nie, inteendeel! Dit was gesellig…
Almal wou weet hoekom daar ‘n kamera om my nek hang, en of ek hulle wil
afneem. Almal wou weet of ek koudkry. Almal wou weet hoekom hulle my
soortvan kan verstaan na ek net twee weke in die land is. Almal wou
koop-om-die-beurt-bier-tot-ons-ons-eie-name-vergeet speel. Van die
ongeveer 80 foto’s wat gisteraand geneem is, is een in fokus, en ek het
hom nie eers geneem nie.
Dit was uiteraard ‘n ongelooflike lekker aand, maar wat vreemd is, en by
my vassteek is hoe anders dieselfde kulturele norme kan voel as hulle
van toepassing is op absolute vreemdelinge. Die grappies en speletjies
en etiket van hoe ‘n kuier werk is byna identies aan enige
Suid-Afrikaanse een, maar dit voel anders om deel te neem, en
aangemoedig te word om deel te neem, as jy nie ‘n enkele persoon daar
ken nie. Dit is die naaste wat ek kan kom aan verduidelik wat hulle
bedoel met geselligheid.
En nou het my blog óók ‘n plasing oor die konsep en oor hoe dit
onmoontlik is om te beskryf aan iemand wie dit nog nie beleef het nie…
Was vanoggend vir die eerste keer kerk toe…
Ek het vanoggend besluit om te begin om Nederland se verskillende
protestantse denominasies te verken, en google maps het gesê die naaste
diens is by die PKN Beverwijk. Google maps het egter vir my gejok en die
diens was aan die ander kant van die dorp. Toe ek twintig minute laat
opgedaag het, is die voordeur gesluit, en toe ek uiteindelik ‘n oop
kantdeur kry het ‘n genadige tannie ‘n liedboek in my hand gestop en my
al fluisterend by die troue verwelkom.
Dit wil voorkom dat troues hier baie dieselfde werk as ‘n doop by die
huis. Dis ‘n gewone erediens, en aan die einde word ‘n formulier
voorgehou en dan is die mense getroud. Vinnig, maklik, ek is reeds ‘n
fan.
Na die diens (en voor die troue) sê die powerpoint iets soos “Rina:
Persoonlijke Woord”, en ‘n dame begin vorentoe stap met haar
loopring-toestel-ding. Toe sy voor kom (ek en die orrelis het getel, dit
het drie liedjies gevat) is dit vir my duidelik dat hierdie tannie baie
bly is oor die troue. Ek kan sien sy het nie gedink haar kind gaan
betyds trou vir haar om dit te sien nie. Sy is beslis al aan in jare.
Wat ‘n voorreg.
Halfpad deur haar “Persoonlijke woord” is iets egter nie pluis nie. Toe
sy vir die derde keer in ‘n toespraak by ‘n troue verwys na haar ma se
afsterwe (ek dink dit was in die tweede wêreldoorlog) besef ek dat
tannie Rina vandag die gelukkige wenner van ‘n nuwe stiefma is. Dis toe
dat ek besef dat ek by vêr die jongste persoon in die kerk is.
Toe ek die paartjie uitken besef ek dat hulle seker vir
belastingdoeleindes trou, want ek kan nie sien hoe hulle in enige vorm
van sonde sou kan leef nie. Hulle is (en hierdie keer oordryf ek nie
eers nie) vorentoe gestoot in hulle rolstoele en vier gemeentelede het
hulle vir ‘n oomblik uitgetel sodat die dominee die seën oor hulle kon
uitspreek. Na die seremonie het die bruid se kleindogter haar bril
gesoek sodat sy die bedankings kon doen.
Die mense in hier is oud… Ek weet nie of dit net die buurte is wat ek
in die laaste dag of drie verken het nie, maar hier is amper soveel
loopring-toestelle soos fietse. Die mense ontwaak eers so elfuur, en ek
sien nie dat veel mense na sewe in die aand iets doen nie. Jy kan deur
hulle sitkamervensters sien hoe hulle koffie drink en nuus kyk.
Dis seker ‘n kombinasie van die goeie gesondheidsorg en rustige
werk-kultuur wat mense afgetree laat lyk op 35. Dit pla nie juis nie,
dis baie rustig en veilig, maar ek gaan beslis môre kyk of ek ‘n buurt
kry met ‘n gemiddelde ouderdom onder 65.
Waterloopleinmark
Omdat ek redelik baie tyd en redelik min geld het, het ek vir my eerste
dag in Amsterdam besluit om die openbare vervoer uit te figure en net ‘n
bietjie rond te dwaal. My enigste doelwit was om ‘n gevoel te kry vir
tweedehandse fietspryse. Een of ander blog het die Waterlooplein mark
aanbeveel, en die metro-stop was naby, so toe gaan ek soontoe.
Toe ek daar aankom sien ek dat hulle besig is om te bou aan die plein
self, maar daar was nog heelwat stalletjies aan sy agterkant. Daar was
net een of twee fietshandelaars, baie tweedehandse, gesteelde en
nagemaakte klere, en redelike cool boek en LP stalletjies.
Ek het om die Rembrandtplein ook gestap, maar dit het vir my net gevoel
soos ‘n lelike toeristelokval. Dit sou seker beter gaan as ek later daar
was, en bietjie meer navorsing gedoen het oor die besienswaardighede.
Maar al wat ek gesien het is duur, lelike kroeë en coffeeshops wat die
dagga-is-soortvan-wettig dam onder die eend uitruk.
Eenvoudige briste kerrie
Eenvoudige kerrie
Kerrie
Bestanddele
- 1 klein bottel Patkas korma paste
- 400gr sopgroente (seldery, wortels,uie)
- 2 uie, in blokkies gesny
- 200gr yoghurt
- 500gr ontbeende hoenderdye
- 1 blokkie hoenderboulion
Tandoori Hoender
- Meng ongeveer 'n kwart van die bottel Korma Paste met 200gr yoghurt.
- Smeer sous oor die hoenderdye en marineer oornag
- Braai die hoender tot deurgaar (moenie te bang wees vir te droog nie)
- sny in 2cm blokkies en sit opsy
Kerriesous
- Braai die uie en die res van die Korma Paste tot deursigtig en geurig
- Braai die sopgroente vir ongeveer 2 minute saam met die uie
- voeg 'n blikkie tamatie by en bedek met hoenderaftreksel
- kook vir 45min
- blend die sous met 'n stick blender tot glad
- gooi die gaar stukkies hoender in
- bedien met rys of Naan
Was vanoggend vir die eerste keer kerk toe
Ek het vanoggend besluit om te begin om Nederland se verskillende protestantse denominasies te verken, en google maps het gesê die naaste diens is by die PKN Beverwijk. Google maps het egter vir my gejok en die diens was aan die ander kant van die dorp. Toe ek twintig minute laat opgedaag het, is die voordeur gesluit, en toe ek uiteindelik ‘n oop kantdeur kry het ‘n genadige tannie ‘n liedboek in my hand gestop en my al fluisterend by die troue verwelkom.
Dit wil voorkom dat troues hier baie dieselfde werk as ‘n doop by die huis. Dis ‘n gewone erediens, en aan die einde word ‘n formulier voorgehou en dan is die mense getroud. Vinnig, maklik, ek is reeds ‘n fan.
Na die diens (en voor die troue) sê die powerpoint iets soos “Rina: Persoonlijke Woord”, en ‘n dame begin vorentoe stap met haar loopring-toestel-ding. Toe sy voor kom (ek en die orrelis het getel, dit het drie liedjies gevat) is dit vir my duidelik dat hierdie tannie baie bly is oor die troue. Ek kan sien sy het nie gedink haar kind gaan betyds trou vir haar om dit te sien nie. Sy is beslis al aan in jare. Wat ‘n voorreg.
Halfpad deur haar “Persoonlijke woord” is iets egter nie pluis nie. Toe sy vir die derde keer in ‘n toespraak by ‘n troue verwys na haar ma se afsterwe (ek dink dit was in die tweede wêreldoorlog) besef ek dat tannie Rina vandag die gelukkige wenner van ‘n nuwe stiefma is. Dis toe dat ek besef dat ek by vêr die jongste persoon in die kerk is.
Toe ek die paartjie uitken besef ek dat hulle seker vir belastingdoeleindes trou, want ek kan nie sien hoe hulle in enige vorm van sonde sou kan leef nie. Hulle is (en hierdie keer oordryf ek nie eers nie) vorentoe gestoot in hulle rolstoele en vier gemeentelede het hulle vir ‘n oomblik uitgetel sodat die dominee die seën oor hulle kon uitspreek. Na die seremonie het die bruid se kleindogter haar bril gesoek sodat sy die bedankings kon doen.
Die mense in hier is oud… Ek weet nie of dit net die buurte is wat ek in die laaste dag of drie verken het nie, maar hier is amper soveel loopring-toestelle soos fietse. Die mense ontwaak eers so elfuur, en ek sien nie dat veel mense na sewe in die aand iets doen nie. Jy kan deur hulle sitkamervensters sien hoe hulle koffie drink en nuus kyk.
Dis seker ‘n kombinasie van die goeie gesondheidsorg en rustige werk-kultuur wat mense afgetree laat lyk op 35. Dit pla nie juis nie, dis baie rustig en veilig, maar ek gaan beslis môre kyk of ek ‘n buurt kry met ‘n gemiddelde ouderdom onder 65.
De Zaanse Schans
…en dalk ‘n brokkie son