Die eerste regte verdwaal
Ek het op ‘n keer, voordat selfone kaarte opgehad het, my ma gebel, vir haar op die bordjies gelees op watter straathoek ek is, en gevra vir aanwysings huistoe. Ek was driehonderd meter van die huis af. Ek was sestien. Tolkien het op ‘n keer geskryf dat nie almal wie ronddwaal verdwaal het nie, en ek dink partykeer dis jammer. Om rond te dwaal totdat ek regtig nie weet waar ek is nie is een van my gunsteling goed in die lewe. Ek vind van my gunsteling plekke en ervarings op onortodokse en alternatiewe roetes terug na die bekende toe.
Ek het vandag my eerste behoorlike verdwaal in Europa verdwaal. Ek het in die verkeerde rigting op die regte bus gery, en ek is dankbaar daarvoor.
Written on October 23, 2021