Valse Vriend Opgewonde

In Nederlands kom ‘n mens van tyd tot tyd op ‘n woord af wat lyk soos ‘n Afrikaanse woord, maar ‘n betekenis het wat soms tot vulgêre of komiese gevolge kan lei. Ons almal weet dat meeste van die heel lelikste woorde in Afrikaans redelik algemeen en aanvaarbaar is in Nederlandse geselskap, maar die eintlike edelstene is woorde waarvan die betekenis baie subtiel verskil, of selfs net ander konnotasies het. Ek kan nie onthou wie nie, maar ‘n ander immigrant blogger op wie ek ‘n ruk terug afgekom het, noem hierdie woorde “Valse Vriende”.

Read More

Ín Die Stad

wlp2 Ek het nog al my lewe daarvan gehou dat ek nie van die stad hou nie. Dis lelik en eensaam en onpersoonlik. Ek koester nog altyd hierdie idee dat stede plekke is waar mense bymekaarkom om te werk. Om naby aan ‘n stad te woon is ‘n noodsaaklike opoffering.

Read More

Was vanoggend vir die eerste keer kerk toe...

Ek het vanoggend besluit om te begin om Nederland se verskillende protestantse denominasies te verken, en google maps het gesê die naaste diens is by die PKN Beverwijk. Google maps het egter vir my gejok en die diens was aan die ander kant van die dorp. Toe ek twintig minute laat opgedaag het, is die voordeur gesluit, en toe ek uiteindelik ‘n oop kantdeur kry het ‘n genadige tannie ‘n liedboek in my hand gestop en my al fluisterend by die troue verwelkom.

Read More

Eenvoudige briste kerrie

Eenvoudige kerrie

Kerrie

Bestanddele

- 1 klein bottel Patkas korma paste
- 400gr sopgroente (seldery, wortels,uie)
- 2 uie, in blokkies gesny
- 200gr yoghurt
- 500gr ontbeende hoenderdye
- 1 blokkie hoenderboulion
Read More

Was vanoggend vir die eerste keer kerk toe

Ek het vanoggend besluit om te begin om Nederland se verskillende protestantse denominasies te verken, en google maps het gesê die naaste diens is by die PKN Beverwijk. Google maps het egter vir my gejok en die diens was aan die ander kant van die dorp. Toe ek twintig minute laat opgedaag het, is die voordeur gesluit, en toe ek uiteindelik ‘n oop kantdeur kry het ‘n genadige tannie ‘n liedboek in my hand gestop en my al fluisterend by die troue verwelkom.

Read More

Die eerste regte verdwaal

Ek het op ‘n keer, voordat selfone kaarte opgehad het, my ma gebel, vir haar op die bordjies gelees op watter straathoek ek is, en gevra vir aanwysings huistoe. Ek was driehonderd meter van die huis af. Ek was sestien. Tolkien het op ‘n keer geskryf dat nie almal wie ronddwaal verdwaal het nie, en ek dink partykeer dis jammer. Om rond te dwaal totdat ek regtig nie weet waar ek is nie is een van my gunsteling goed in die lewe. Ek vind van my gunsteling plekke en ervarings op onortodokse en alternatiewe roetes terug na die bekende toe. Ek het vandag my eerste behoorlike verdwaal in Europa verdwaal. Ek het in die verkeerde rigting op die regte bus gery, en ek is dankbaar daarvoor. Haarlem

Read More

Hallo Wêreld! Vat musiek saam op die vliegtuig...

Vat musiek saam op die vligtuig… Die deel van my wat ander mense laat sê “o ja, hys mos ‘n jongste kind” wil reeds ander mense leer hoe om te emigreer. Elke keer wat ek iets vergeet, of iets te laat doen, of iets te vroeg doen, of dink ek’s te slim om iets te doen, dan is dit vir my lekker om te dink hoe cool dit gaan klink as ek nog ‘n hot tip met ander voornemende immigrante deel.

Read More