Handige Apps

Van my vriende het gister hier geland, en in plaas daarvan om ‘n baie lang whatsapp te tik, het ek besluit om hierdie lys van apps wat ek gebruik hier te sit. Los asseblief ‘n comment as ek iets kan bysit of regstel.

Marktplaats

Die grootste koop-en-verkoop platvorm van Nederland. Vergelykbaar met gumtree of Facebook Marketplace. Maar baie groter en meer aktief.

9292

As ek een openbare vervoer-app moet aanbeveel, sal dit 9292 wees. Jy gee vir hom twee adresse en hy werk die vinnigste en goedkoopste roetes uit per bus, trein, tram, of kombinasie van hulle almal.

Buienradar

Meeste van die nederlanders beveel buienradar aan vir weer, en ek het nog nie nodig gehad om ‘n ander app te probeer nie, so dalk is almal so akkuraat. Die groot voordeel van buienradar is dar sy koppelvlak gemaak is om te sê wanneer dit gaan reën, en nie net wat die kans is dat dit iewers in ‘n dag gaan reën nie.  Ek het in Suid-Afrika planne gekanselleer omdat daar ‘n 60% kans is vir reën op ‘n gegewe dag. Hier stel ek planne met ‘n halfuur uit, want dit gaan tussen 11 en half 12 ‘n bietjie hard reen. 

NS.nl 

Alhoewel 9292 die beste is vir inligting oor kombinasies van vevoer, is die NS se app die beste vir inligting oor NS treine.

Vinted

Daar is baie goeie tweedehandse klerewinkels in die groot stede(Episode en KiloKilo is my gunstelinge). Maar vir prys en verskeidenheid kan ‘n fisiese winkel nie kompeteer met die hele Europa se klerekaste nie. Kyk net na die verkoper se geskiedenis, maar selfs as hulle nie iets stuur nie, betaal Vinted ‘n mens in my ervaring terug. 

Zalando

Vir nuwe klere is Zalando se prys en verskeidenheid goed. Ek verkies wel om maar in ‘n winkel te gaan aanpas, en ek vind ek kom goedkoper weg by Primark en Decathlon as ek dringend iets spesifiek nodig het.

bol.com

bol.com is baie soos Nederland se Takealot. Hulle pryse is oor die algemeen goed, en hulle lewer oor die algemeen vinnig af. Die pakkies word gewoonlik nie met tracking nommers gestuur nie, wat ‘n bietjie scary is as dit duur is, maar ek het nog nie iets in die pos verloor in Nederland nie.

parky

‘n app met ‘n kaart van al die parkeerzones. Parkering is hier nogal duur en ingewikkeld, so dis handig om te beplan waar ‘n mens gaan parkeer. Nie die wonderlikste app nie, maar hy doen presies wat hy moet, en niks anders nie. 

flitsmeister

‘n App wat jou laat weet waar flitsers (speed traps) is as jy ry. Die Hollanders reken dis betroubaar, maar die boetes hier is duur, so ek hou in elkgeval by die limiete. 

suntimes

‘n App wat op enige gegewe datum en plek die sonsopkoms-en-ondergang ken. Ek gebruik dit as ek foto’s neem, maart omdat die tye so baie verskil in Nederland is dit oor die algemeen handig, as ‘n mens iets ‘n paar maande vooruit beplan

NPO start

Nederland se openbare uitsender se app, werk min of meer soos Netflix, en daar is baie gratis Nederlandse programme om te kyk. 

Flink/Gorillas/watookal

Meeste van die stede het flitsbesorgers vir basiese goed soos brood en melk. Dis duur, maar is baiekeer handig en tot laat in die aand beskikbaar. Flink was ‘n lewensredder toe ek my been gebreek het.

Thuisbesorgd

‘n App waarop ‘n mens kos bestel, soos Uber Eats. Soms het die restaurante op Thuisbesorgd hulle eie website waarop dit ‘n euro of twee goedkoper is om te bestel, maar gereed kos is maar duur hier. 

Online Bibliotheek

Nederland se biblioteke het ‘n uitstekende digitale diens. Dit kos so EUR50 ‘n jaar, maar ek kan dit beslis aanbeveel. Daar is ‘n baie groot verskeidenheid e-boeke en luisterboeke.

Aurora store

Sommige apps (en baie van die op die lys, wat spesifiek vir Nederland gemaak is) vereis dat ‘n mens se google rekening in Nederland geregistreer is. Partykeer is dit moeilik vir watter rede ook al, en dan kan ‘n mens die apps deur die Aurora store aflaai.

Too good to go

Die absolute teenoorgestelde van Flink. ‘n Mens bestel ‘n verrassing-sak inkopies wat vandag verval en gaan haal dit by die supermark of bakkery of watookal net voor hy toemaak. Dit is baie, baie goedkoop, en ek was nog bitter min teleurgesteld. Die uitdaging is om winkels te kry wie se bokse nog nie uitverkoop is nie. 

Google pay

Dalk het meeste mense dit in Suid-Afrika al gehad, maar ek kon hier my selfoon opstel om by kaartmasjiene te betaal. Nogal handig in sommige gevalle. 

Written on September 29, 2022