‘n Dag In Stockholm

wlp2

Ek het besluit om hierdie jaar meer naweke weg te gaan, en toe my sussie vir besigheid in Swede was, was dit ‘n uitstekende verskoning om die besluit deur te voer. Ek het 2 aande in die hostel geslaap en Gerda het vroeg die oggend geland en is met die laaste trein na haar projek in Västerås toe.

hostel

Ek het bespreek by die Generator Hostel met Hostelworld. Die Hostelworld app laat besoekers toe om te gesels, so ek is op die trein al genooi vir ‘n bier saam met ‘n groep Britte. Dit was my eerste keer in ‘n hostel, en ek was regtig beïndruk. Die kamers is skoon, en baie oulik ingerig.

paradoksmuseum

Ons eerste bestemming was die paradoksmuseum. Die uitstallings is verskillende optiese illusies, of stelle wat met perspektief speel om interessante foto’s te maak.

wlp2

elektriese Scooters

Ons wou aanvanklik fietse huur by Stockholm Ebikes, maar hulle het die diens gestop om een of ander rede, so toe gebruik ons die elektriese Scooters van Tier. Dit is pret, goedkoop genoeg en baie gerieflik. Hollanders is te heilig oor fietse en fietspaaie vir die scooters, so ek ken dit glad nie. Kan dit definitief aanbeveel.

skansen opelugmuseum

Ek was mal oor Nederland se opelugmuseum, so was baie opgewonde om Swede s’n te sien. Dis ‘n klomp lewendige uitstallings van verskillende industrieë en boerderye in die land se geskiedenis.

vasamuseum

Die Vasamuseeum word deur absoluut almal aanbeveel, en dit is beslis indrukwekkend. Ek dink dis die trotsste wat mense nog ooit was op ‘n skip wat op dag een gesink het. wlp2

hop on hop off

Die openbare vervoer na ons laaste bestemming toe was ‘n veerboot, en toe die volgende veerboot ‘n ‘hop on hop off’ tipe boot is, toe besluit ons om op te klim en sommer die hele rondleiding te doen voor ons afklim. Kan dit beslis aanbeveel. Stockholm se uitleg maak dat jy die stad in sekere opsigte die mooiste sien van die water af. wlp2

fotografiska, restaurant

Die laaste museum was beslis op die as-daar-miskien-tyd-is lysie, maar dit was tog die moeite werd, al is dit net vir toegang tot die restaurant. Ek is dalk nie gekultiveer genoeg om die gevorderde uitstallings te waardeer nie, maar die pizza, renidier en wyn in die museum se restaurant is beslis aan te beveel. Hierdie is ook die enigste museum wat nie baie naby is aan al die ander nie, so dit was cool om ‘n effens ander deel van die stad as die toerisme-sentrum te besoek.

die elektriese Scooters neem wraak

Omdat my weird fotografie-museum vêr van alles af was, en omdat dit begin het om laat te word, het ons belsuit om vir oulaas met die elektriese scooters te ry om betyds te wees vir Gerda se trein. Die scooter-huur en google maps gebeur op my foon, omdat ek in Swede sein het, so ek ry voor en kyk elke nou en dan om na sus wie volg. So ‘n kilometer voor die stasie was daar ‘n bult wat my effens bekommer het. Toe ek baie verlig bo uitkom en omkyk is Gerda weg. Toe ek weer ‘n ent afry sien ek sy is besig om haar scooter teen die bult op te stoot. Sy was gelukkig te uitasem om veel om my te skree, maar ek sal tog in die vervolg versigtiger ry as iemand my volg met ‘n gehuurde voertuig. Ons kon darem vinnig daaroor lag…

wlp2

Written on June 30, 2023